
Vertrou deur:





Ons verstaan dat daar baie is om te verwerk. Lees gerus deur vir gemoedsrus.
Met sonnestelsel-finansiering kan jy dadelik die voordele van sonkrag geniet sonder om ’n groot bedrag vooraf te betaal. Afhangende van die pakket wat jy kies, betaal jy ’n vaste maandelikse paaiement vir die sonkrag stelsel vir die duur van jou kontrak. Greencoin Solar neem verantwoordelikheid vir alle instandhouding en ondersteuning wat mag ontstaan tydens die finansierings termyn.
Vir individuele aansoeke het ons altyd die volgende nodig:
– ’n Afskrif van jou ID;
– 'n Munisipale rekening (utility bill) indien jy die eiendom besit, of jou verhuurder se besonderhede as jy nie die eienaar is nie; en
– ’n Bankbevestigingsbrief van die rekening in jou naam waaruit die paaiemente elke maand gedebiteer sal word na afloop van kontrak aanvaarding.
Let wel, ons kredietspan vereis ook 3-maande se salaris strokies sowel as 3-maande se bankstate om n krediet ondersoek te voltooi.
Vir ’n besigheidsaansoek kan dokument vereistes verskil, dus sal ons rekeningbestuurder jou in kennis stel presies wat die kredietspan benodig om jou besigheid se aansoek te verwerk.
Na die suksesvolle afloop van 'n perseel inspeksie neem die installasie gewoonlik tussen 1 en 3 dae om te voltooi.
Faktore soos onvoorsiene weerstoestande, stelselgrootte en bestaande nie-voldoenende elektriese bedrading kan egter die installasie verder as hierdie tydperk vertraag.
Ja, by Greencoin Solar is ons meer as bereid om jou te help om ’n pasgemaakte pakket saam te stel wat by jou krag behoeftes pas. Jou sonnestelsel kan enige tyd uitbrei word deur meer panele en batterye by te voeg om aan jou groeiende energiebehoeftes te voldoen – teen ’n addisionele maandelikse koste.
Ons span is gereed om te help

Geen Verpligtinge. Gratis Kwoteering.